Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


66 Nelson Mandela Avenue, Randhart, Alberton, Gauteng, 1449, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Bet-El Lofprysings Kerk - Pinkster Protestante Kerk Bet-El Lofprysings Kerk ( PPK ) is ‘n dinamies en groeiende Kerk wat Alberton en die wêreld beïnvloed met die Goeie nuus van Jesus Christus. Ons wil elke lid van die gemeente vissers van mense maak, via opleiding, motivering en Geesvervulde dienste. Die beste manier om die Koninkryk van Lig te laat groei is as die liggaam sy funksie ken en uitleef. Ons is ‘n Pinksterkerk wat glo in die werking van die Heilige Gees. Ons Lof en Aanbidding is gebalanseerd tussen moderne en tradisionele Pinkster en daarom glo ons, ons bied vir oud, jonk, Afrikaans en Engels ‘n aanbiddingservaring. Bet-El Lofprysings Kerk is 'n Sending gemeente. Tans is ons as gemeente betrokke by Sending bedieninge in Alberton, Suid Afrika, Botswana, China en Indië. Ons glo vas dat die maandelikse saad wat ons saai in die sending veld ons bestaansreg as gemeente bevestig. Die groot Opdrag " Gaan dan heen " het ons as sending gemeente se fokus geword vanaf 2010. Daar vind ook jaarlikse kort termyn sending uitreike plaas na ander lande. Kontak ons gerus indien u meer sou wou weet. Kinders is 'n groot passie in ons gemeente en Kidz of Light is ons Kinderkerk bediening, sy naam is afkomstig van Efesiërs 5:8b - " wandel soos kinders van die lig ". Betel Kidz word gelei deur 'n span van hoogs gemotiveerde mense met 'n ware passie vir kinders. Betel Kidz vind dieselfde tyd plaas as ons oggend diens in die kerksaal. Die rede hiervoor is dat dit makliker vir die ouers is om die kinders kerk toe te stuur en help ook die ouers om die diens te geniet. Begin 2018 het ons besluit om weer op kleingroep formaat ook ons gemeente te bedien. Daarom het ons talle huisgroepe asook groepe soos ons: Manne en vroue byeenkomste, Young Adults en Seniors wat op ‘n kleingroep skaal gereeld byeenkom. Kontak gerus vir George Enslin indien jy hier betrokke wil raak by 083 323 9757
Contact this business directly from its profile.