Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Cnr Gypsum & Hornblend Street, Elardus Park, Pretoria East, Gauteng, 0181, South Africa
Closed now · 08:00 - 16:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
About Collage Gemeenskapskerk - Community Church - Elardus Park Collage Gemeenskapkerk in Elarduspark , Pretoria Oos skep ʼn eenvoudig, eg en onweerstaanbare ervaring van kerk wees! Ons is ʼn gemeente met ʼn droom dat ons mense kan ontwikkel wat die wêreld verander, ʼn kerk kan bou wat ʼn hele stad beïnvloed en dat ons saam ʼn stad kan wees op ʼn berg waarvan die lig nie weggesteek kan word nie. Ons wil jou nooi en verwelkom om deel te word van die droom. Ons skep geleentheid waar jy op ‘n eenvoudige, eg en ‘n onweerstaanbare wyse God op ‘n weeklikse basis kan ervaar. Ons skep ook ruimte om elke persoon in hulle spesifieke lewensfase te akkommodeer met die doel om hulle te motiveer en bemagtig om passievol en voluit te lewe. Wat Om Te Verwag Tydens Die Erediens? Gratis filter koffie in die kuier area voor en na die diens. Vriendelike mense. Vra gerus vir en die gasvryheid-span by die ingange indien jy enige hulp of inligting benodig. Gemaklike en ontspanne atmosfeer en informele kleredrag. ‘n Veilige en pret belaaide omgewing vir jou kinders. Daar is Kinderstad vir 3 jaar (reeds van doeke af) tot graad 7 en Radikaal vir hoërskool kinders waar jou kind op hulle vlak bedien word. Relevante en praktiese preke wat jou in staat stel om die Woord wat lewendig word, te lewe. Die dienste is tipies 60 minute lank.
Contact this business directly from its profile.