Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Farm Mount Arabel 2, Schikfontein Road, Heidelberg, Gauteng, 1438, South Africa
Hours not published yet.
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Trading hours have not been published yet.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
d’Hofstee Drakensberger Stoet - Vandag se presteerders, môre se toekoms! Sedert 1988 is ‘n top presterende Drakensberger Stoet opgebou deur die perfekte kombinasie van toegewydheid, in diepte kennis en toepassing van genetika. Verbeter jou kudde vandag nog met ‘n d’Hofstee Drakensberger! d’Hofstee Drakensberger Stoet is verskaffers van: 1. Top Prestasie Drakensberger Bulle 2. Beste Gehalte Drakensberger Embrio’s 3. Kwaliteit Drakensberger Verse. Geskiedenis: In 1988 besluit Jan Dhooge om na die Transvaal te verhuis. Op sy nuwe plaas, Mount Arabel II, waar die boerdery vandag nog gevestig is, begin Jan sy Drakensberger kudde opbou. Van die eerste bloedlyne wat daar afgelaai word sluit Swartbul, Kranspoort, Swartkor, Buffalo Valley en Waldberg in. In ‘n poging om bulle te teel wat ekonomiese groei in hul nageslag oordra, spits Jan homself in die eerste jare op Fase C LNR toetse toe. So word d’Hofstee Drakensberger stoetery gebore. Sy harde werk word in 1999 beloon toe hy ‘n toekenning, Spesiale Prestasie Toetsklas, vir ‘n bul by die Pretoria Skou ontvang. Die d’Hofstee Drakensberger Stoet ontvang in 2003 ook die Farmer’s Weekly – LNR Beste Elite Koei toekenning. Volgens statistiek van die aanbieders het slegs 0.01% van alle diere wat daardie jaar ingeskryf is, ‘n toekenning ontvang. Daardie selfde jaar, sowel as in 2007, ontvang twee van haar manlike nasate onderskeidelik platinum toekennigs. Tydens SA Stamboek se 100ste bestaansjaar in 2005, word Jan as finalis in die SA Stamboek Voortreflikheidstoekennings aangewys, onder die kategorie vleisbeeste. Hy word daar met ‘n sertifikaat van voortreflikheid binne die stoetbedryf beloon. Die selfde jaar word d’Hofstee AAD99/42 deur Taurus as ‘n KI drakensberger bul gekies. Een van Jan se dankbaarste oomblikke in die Drakensberger Stoetbedryf, is in 2012 toe sy diere hoogste pryse in die Drakensberger Veiling te Frankfort behaal het. Op 1 September 2003 word hy deur die Drakensberger Telersgenootskap as keurder erken en word hy ook as hoofbeoordeelaar by skoue aangewys. Van die skoue waar hy as beoordeelaar opgetree het, is die Drakensberger as interras kampioen aangewys. Dit sluit in die senior interras kampioen bul en koei te Frankfort, asook die junior interras bul en vers te Vereeniging. Toe hy gevra is wat sy doel met die teling van die drakensberger ras is, het Jan verwys na ‘n artikel uit Agri Oorsig (3rde Kwartaal, 2012) waarvolgens die hoeveelheid boerdery bedrywighede in Suid-Afrika sedert 1988 vanaf 62,442 eenhede na slegs 39,966 eenhede gedaal (tydens die laaste berekening in 2007). “Aan die opkomende boere moet ook gedink word. Daarom, as kleinboer poog ek om dié ras so te teel dat hy ekonomies by ‘n kleinboerdery sal inpas, maar ek maak ook seker dat die gehardheid en interne eienskappe daarvan nie verlore gaan nie.”
Contact this business directly from its profile.