Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.

1050 Steve Biko Road, Wonderboom South, Moot, Gauteng, 0084, South Africa
Closed now · 07:30 - 14:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Die Hoërskool Wonderboom Die Hoërskool Wonderboom is geleë in Wonderboom Suid , Pretoria en streef na kwaliteit onderwys wat gerig is op 'n gelukkige, geborge saamleefgemeenskap vir leerders, onderwysers en ouers wat toesien dat elkeen maksimaal volgens hul vermoë, belangstelling en realistiese verwagting presteer sodat elke kind uiteindelik 'n toegeruste, toegewyde, verantwoordelike en dienende landsburger sal wees, wat in diens van God Drie-Eenig voldoen aan die taak en doel wat Hy vir elke individue beoog. Die belangrikste vraag om te beantwoord wanneer jy ‘n skool beoordeel is om vas te stel of die kinders daar gelukkig is. By Die Hoërskool Wonderboom is die antwoord hierop ‘n luidkeelse JA ! Dis nie die oppervlakkige en verbygaande tipe geluk wat jy kry wanneer mense kan doen wat hulle wil nie. Hier word die waardes van respek, integriteit, verantwoordelikheid, diensbaarheid en erkenning as die boustene van ware geluk gekoester en nageleef. Die sukses van ons skool lê hierin opgesluit. Benewens ons ingesteldheid op diep menslike waardes beroem Die Hoërskool Wonderboom homself daarin dat dit ‘n skool van geleenthede is. Kinders kan hier na hartelus kies aan watter van die vele aktiwiteite hulle wil deelneem en watter van die wyd uiteenlopende vakrigtings hulle belangstelling prikkel. Kom beleef self die ritme van ons skool en al die geleenthede wat dit bied en kom staan jou plek vol in die hart van Wonnieland .
Contact this business directly from its profile.