Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Doxa Deo Tygerville Kampus ( Durbanville ) is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek. Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. ( Knowing God, Loving People, Impacting my World ) Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word. In Februarie 2019 het ons ‘n tweede kampus in die Noordelike voorstede van Kaapstad geplant met die doel om hierdie visie uit te leef in Durbanville, Kenridge, Eversdal, Welgemoed, Plattekloof en omliggende gebiede. Hierdie gedeelte sluit ‘n groot deel van die Tygerberg streek in. Ons ander kampus in die Noordelike voorstede is Langeberg Kampus wat al meer as 17 jaar bestaan.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.