Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


32 Fiskaal Street, Glen Marais, Kempton Park, Gauteng, 1619, South Africa
Closed now · 08:00 - 16:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Familia Dei Netwerk Familia Dei Netwerk het sy wortels in die A.G.S. ( Apostoliese Geloofsending ) en wil graag ‘n Netwerk van lokale gemeentes fasiliteer waar leiers hulleself in ‘n familie sal bevind. Hierdie familie wil vir jou alles bied wat ‘n gesonde familie ‘n kind kan bied: - Ruimte waarin jy kan groei - Jou volle potensiaal ontsluit - Toerus om sinvol te kan lewe - Jou in liefde tug as jy foute maak - Jou altyd veilig laat voel - Jou met raad bedien Missie: Geestelike vaderskap aan leiers te bied. Leiers te bemagtig. Hulpbronne aan gemeentes en pastore beskikbaar te stel. Opleiding rondom bedieninge, leierskap en bestuur te gee en te fasiliteer. Nasionaal en internasionaal gemeentes te netwerk. Blootstelling aan en samewerking met streke en ander bestaande netwerke te bevorder. Leierskaps-, geestelike- en sosiale skakeling vir pastore (met gesinne), leierskap en gemeentes. Die daarstel van ‘n prototipe as model om die Koninkryk van die Here en die breë kerk tot diens te wees. Tegnologie en elektronika te gebruik, te promoveer en ontwikkel tot effektiewe toerusting van pastore en gemeentes. Te werk aan ‘n betekenisvolle nalatenskap met die besef dat die grootheid van ‘n persoon, aksie of instelling gemeet word aan die groei wat dit bewerkstellig. Familiegevoel in die Netwerk te fasiliteer sodat gemeentes onderling mekaar sal versterk en versorg. Gemeentes de daag om ‘n gemeenskapsimpak te hê. Meetbare instrumente daar te stel vir die bepaling van ‘n gemeente se impak. Visie: Om ‘n Netwerk van gemeentes te vestig wat deur Apostoliese Vaderskap toegerus en bemagtig word. Om ‘n netwerk van lokale gemeentes internasionaal te vestig wat deur Apostoliese Vaderskap toegerus en bemagtig word om die Groot Opdrag effektief uit te voer.
Contact this business directly from its profile.