Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


62 Molen Street, Potchefstroom Central, Potchefstroom, North West, 2520, South Africa
Closed now · 07:30 - 13:00, 14:00 - 16:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika bestaan sedert 1859 reeds, en het van die oorspronklike 5 kerke, tot 388 kerke in 2019 gegroei, Daar is tans 254 predikante. Plaaslike kerke is regoor die RSA en ook in Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië versprei. Daar is tans 254 predikante wat hierdie kerke, in ongeveer 15 tale bedien. Die GKSA het sy eie Teologiese Skool wat in 1869 in Burgersdorp begin het en sedert 1905 in Potchefstroom gevestig is. Daar is 14 professore en 3 administratiewe beamptes verbonde aan die Teologiese Skool wat by die Fakulteit Teologie van die NWU ingeskakel is. Elke Gereformeerde gemeente is ʼn selfstandige kerk wat in gehoorsaamheid aan die Koning van die kerk Sy Woord verkondig en alles wil doen waarvoor Hy sy kerk wil gebruik. Elke gemeente staan daarom bekend as “Die Gereformeerde Kerk ....” . Die kerke saam is as Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ( GKSA ) een in kerkverband, en vergader saam in meerdere vergaderings (Klassis, streeksinode en algemene sinode) om mekaar te kan bystaan in die vervulling van die kerk se roeping. Die Teologiese Skool het ook sy eie biblioteek. Die GKSA beskik oor ’n eie argief en ’n doelmatige geboue-kompleks wat ook ’n toegeruste ouditorium insluit. Die GKSA het ekumeniese bande met kerke in die VSA, Skotland, Nederland, Australië, Nieu-Seeland, Brasilië, die Kongo, Japan en Korea. Die GKSA staan op die grondslag van die Heilige Skrif, die drie Formuliere van Eenheid en die Dordtse Kerkorde.
Contact this business directly from its profile.