Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


3 Hebron Street, (On the grounds of Logos Christian Church), Oakglen, Bellair, Bellville, Western Cape, 7530, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Hebron Christenskool - Bellville, Kaapstad Hebron Christenskool is geleë op Logos Christengemeente se gronde in Oakglen , Bellair , Bellville en is ’n ouerbeheerde Afrikaanse Christenskool wat as onafhanklike skool by die WesKaapse Onderwysdepartement geregistreer is. Die skool word nie deur ’n gemeente of denominasie beheer nie. Die volle laerskoolfase vanaf graad 1 tot 7 word gedek. Hebron Christenskool is ten volle geakkrediteer deur Umalusi, en voldoen aan die vereistes van die KABV (CAPS). Hebron Christenskool bestaan reeds vanaf 1998 en net die Here se voorsiening en wysheid kan werklik die toekoms bepaal. Ons kan net getuig van Sy goedheid en versorging. Hebron Christenskool is toegewyd om kwaliteitonderrig en, sover ons geriewe dit toelaat, kwaliteitsportafrigting te bied aan ons leerlinge. Ons is toegewyd om diens van hoë gehalte aan die ouers te lewer in die hede en in die toekoms. Ons is ook daartoe verbind om ’n verskil te maak in ons medemens se lewe en die gemeenskap waarin ons tans funksioneer. Visie: Hebron Christenskool se visie is om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel, na die beeld van God en as Dissipel van Jesus Christus, deur Christusgesentreerde, Bybelgefundeerde, kwaliteitonderrig in samewerking met wedergebore Christenouers en die gemeente van Jesus Christus in die omgewing. Missie: Ons missie is om uitvoering te gee aan die skool se doelstellings (visie), dus funksioneer Hebron Christenskool op die volgende vyf basisbeginsels: - Christengesentreerde onderrig - Dissipelskap - Kwaliteit-onderrig volgens KABV se standaarde soos bepaal deur Umaluzi - Intensiewe ouerbetrokkenheid - Bekostigbaarheid Romeine 8: 31-39: ...Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefhet…
Contact this business directly from its profile.