Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Hoërskool Centurion Secondary School Hoërskool Centurion is ‘n toonaangewende Afrikaanse hoërskool wat in Centurion die gemeenskap dien deur Afrikaans as onderrigtaal te handhaaf. Hoërskool Centurion is in 1957 amptelik gestig en het oor die jare ‘n reputasie ontwikkel vir ons intieme familiekarakter en gesonde interpersoonlike verhoudings wat ons met ons leerders, ouers en gemeenskap bou. Alhoewel ons akademiese studierigting van groot belang is, bied ons ook ʼn tegniese studierigting aan. Hoërskool Centurion het al vir 64 jaar ‘n onmisbare bydrae in die opvoeding en ontwikkeling van die leerders in Centurion gelewer en sal vir seker in die toekoms net verder op hierdie stewige fondament voortbou. Die Woeries weet altyd hoe om die skoollewe te geniet! Ons neem aan tonne pret- aktiwiteite soos kaskarresies en verjaarsdagvieringe deel, soos net die Woeries kan! Buiten feesvieringe, is ons nie bang om ‘n uitdaging aan te pak nie! Daar is talle sosiale geleenthede waaraan die Woeries jaarliks deelneem, waar hul nie net die geleentheid geniet nie, maar hulle ook uitleef om‘n bydrae tot fondsinsamelings te maak. Die hoeksteen van Hoërskool Centurion is op 27 Augustus 1960 gelê en ‘n groot droom is bewaarheid. ‘n Afrikaanse skool is vir die kinders van die Afrikaanse gemeenskap van Centurion gebou. Vandag, 61 jaar nadat ons die skoolgebou se hoeksteen gelê het, lê ons simbolies weer ‘n hoeksteen. Dit is ‘n hoeksteen van hoop. Ons nooi elkeen uit om saam met ons deur middel van ons gemeenskapsfonds te bou. Help ons om binne die volgende jaar ons teiken van R1 miljoen te bereik. Die volgende geslag is ons verantwoordelikheid, in hulle lê ons hoop.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.