Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


20 Cornelia Avevenue, Framesby, Gqeberha | Port Elizabeth, Eastern Cape, 6045, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Hoërskool Framesby "Waar potensiaal verwesenlik word" Die Hoërskool Framesby is geleë in Framesby , Gqeberha ( Port Elizabeth ) en is 'n Afrikaansmedium Hoërskool waar die fundamentele waardes van respek, verdraagsaamheid, medemenslikheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid, regverdigheid en goeie burgerskap deurlopend gevestig en bevorder word, en wat hom ten doel stel om sy leerders op alle terreine te ontwikkel - akademies, geestelik, sosiaal en liggaamlik - ten einde as volwasse en gebalanseerde jongmense hulle roeping suksesvol in die sameleweing te vervul. Die studentesentrum bestaan uit drie fasiliteite, nl. ‘n kafeteria, studie – en media-sentrum. Die kafeteria sal nie net aan die leerders vanaf 06:00 – 18:00 ‘n diens bied nie, maar ook aan ouers. Terwyl leerders besig is met hul naskoolse aktiwiteite, kan ouers op die patio heerlike koffie geniet. Leerders kan ook hier tussen die naskoolse aktiwiteite iets nuttig of saam aan take werk terwyl Hoërskool Framesby se eie radio- stasie agtergrondmusiek verskaf. Vir studente wat in stilte met hul akademie wil voortgaan,is die studiesentrum met afsonderlike werkstasies tot hulle beskikking. Die huidige mediasentrum verskuif na die studentesentrum sodat toegang tot navorsings- en kopieerfasiliteite makliker beskikbaar is. Wat die uitbreiding van die bestaande kurrikulum betref, word die invoer van die vakke Meganiese Tegnologie en Elektriese Tegnologie ook in die vooruitsig gestel. Die studentesentrum sal definitief die lewensaar op Hoërskool Framesby se skoolgronde wees – ‘n tuiste weg van die huis. Die volgende lewens-waardes van die Framesby-erekode vorm die grondslag van ons gesindheid en optrede, en is die basis waarop ons gedragskode en huishoudelike reëls berus: - Betroubaarheid - Respek - Verantwoordelikheid - Regverdigheid - Omgee - Goeie burgerskap - Verdraagsaamheid
Contact this business directly from its profile.