Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Rolina Street, Garsfontein, Pretoria East, Gauteng, 0081, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Hoërskool Garsfontein In Januarie 1988 open Hoërskool Garsfontein sy deure, is geleë in Garsfontein , Pretoria Oos en streef om ʼn immer verbeterende model van uitnemendheid te word, wat alle leerders bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik . Onder leiding van die skool se eerste waarnemende hoof mnr. LJ van der Merwe, die 15 personeellede tot sy beskikking en die 310 nuwe leerders, vestig hierdie baanbrekers die fondamente waarop Hoërskool Garsfontein kon bou en bewaar. In 1989 stel die skool hul eerste amptelike skoolhoof aan, mnr. NJ Pepler. Prof Frik Stuart (Beheerliggaam voorsitter 1990) skryf in sy verslag dat die skool voorwaar begin voldoen aan die leuse wat hy daargestel het. Die leuse van die skool, “Bou en Bewaar” , simboliseer die strewe daarna om te bou en ontwikkel aan ʼn skool vir die gemeenskap en dit te bewaar vir die geslagte wat sal volg. Soos Prof Stuart dit beskryf is die “groei” vinnig sigbaar op alle gebiede en Hoërskool Garsfontein begin homself vestig as ʼn mede-dingende krag, nie net in Pretoria nie, maar in Suid-Afrika. Dit is duidelik dat Hoërskool Garsfontein reeds van sy vroeë dae daarna begin streef het om dié skool van keuse in Pretoria te wees. Mnr. Dirk van Zyl word in 2000 aangestel as die tweede skoolhoof en mnr. Leon Bantjes is die huidige skoolhoof. Tans is die leerdertal 1850 en die personeellede is 120. Prof. DP van der Nest (Beheerliggaamvoorsitter) skryf in sy verslag - “ Hoërskool Garsfontein streef om ʼn immer verbeterende model van uitnemendheid te word, wat alle leerders bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik.” By Hoërskool Garsfontein wil ons graag hê dat leerders in totaliteit ontwikkel en binne ʼn raamwerk van gesonde waardes besluite neem en optree. Ons waarde gedrewe benadering gee betekenis aan ons skoolreëls. Ons wil mense die samelewing instuur wat reëls sal nakom sonder dat daar iemand is wat kyk of hulle dit nakom. Dit is gedrag “uit-die hart-uit” – ʼn waarde-gedrewe lewe. Vyf kernwaardes van Hoërskool Garsfontein: • VERANTWOORDELIKHEID • RESPEK • LOJALITEIT • EERLIKHEID • GEBORGENHEID
Contact this business directly from its profile.