Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


1120 Haarhoff Street, Waverley, Pretoria North East, Gauteng, 0186, South Africa
Closed now · 07:30 - 14:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Hoërskool Oos-Moot - Ons omgee-uitleefskool waar ons met passie potensiaal ontsluit. Hoërskool Oos-Moot is a public Afrikaans medium co-educational high school situated in Waverley in the northern suburbs of Pretoria in the Gauteng province of South Africa. Oos-Moot beskik oor ‘n puik, vakkundige personeelkorps met ‘n goeie balans tussen ervare en jong onderwysers wat almal gekwalifiseerd is in hul vakgebied. Ons skool beywer ons om op akademiese gebied 100% slaagsyfer te behaal; en een van die top akademiese skole in die provinsie te wees. Hier by Hoërskool Oos-Moot is ons skuba-druppels in die “Blou golf” en kultuur is die lugbottel wat ons aan die lewe hou. Daarsonder is borrelsiekte ons enigste voorland. Maak jouself gereed vir ‘n skubaduikervaring van ‘n leeftyd wanneer jy die kultuur hier by Hoërskool Oos-Moot van naderby verken. Ons verskaf alles vir hierdie avontuur. So kom, die son trek water en hier is geen tyd om soos ’n vis op droë grond te spartel nie. In 2019 is die skoolsaal opgeknap en het die matrikulante die Oosie de Triomf (muur en klok) laat bou en as nuwe tradisie by die skool gevestig. Nuwe leerders en personeel lui die klok wanneer hul by die skool begin en weggaan. In Desember is daar begin met die bou van twee nuwe klaskamers. In 2021 is die langverwagte hokkie Astrobaan gebou. Dit is die eerste baan van sy soort in die Moot-area. Die skool se gimnasium word nuut ingerig en kondisionering van alle atlete en spelers geskied vanaf 2022 onder leiding van Danie Coetzee (oud Springbok haker).
Contact this business directly from its profile.