Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Hoërskool Strand - "Volhard & Oorwin" Hoërskool Strand is geleë in die Strand , Helderberg en is 'n gesogte Afrikaans medium waarde gedrewe skool. Dit beteken dat waardes die kompas is wat ons personeel en leerders se optrede rig en bepaal. Wanneer waardes die basis vorm van ons daaglikse optrede is reëls nie nodig nie. Ons Visie Hoërskool Strand sal 'n hoërskool vir die gemeenskap wees waar almal wat hier tuis hoort, hulle unieke menswees kan uitleef in 'n omgewing van uitnemendheid. KERNWAARDES : Die skoolgemeenskap het die volgende 5 kernwaardes geïdentifiseer: * Respek * Integriteit * Hardwekkendheid * Verantwoordbaarheid * Diensbaarheid RESPEK : Om die waarde van respek meer prakties te maak fokus ons op 5 ononderhandelbare maniere in ons skool: * Ek groet ander mense * Ek sê dankie en asseblief * Ek luister as ander mense praat * Ek praat op 'n beskaafde manier met ander mense * Ek strooi nie rommel nie "Volhard & Oorwin"
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.