Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Hoërskool Waterkloof Hoërskool Waterkloof is geleë in Erasmuskloof , Pretoria Oos en ons streef daarna om ‘n kultuur vir effektiewe onderrig en leer daar te stel waar vakinhoude vir leerders in ‘n gedissiplineerde onderrigsituasie ontsluit word. Dit moet vir onderwysers en leerders lekker wees om in so ‘n klassituasie onderrig te gee en te kan ontvang. Hierdie waardes en norme vir die gedrag van beide onderwysers en leerders moet, soos vervat in die Onderwyswet, “‘n nie-rassige demokratiese en dinamiese onderwys wees, wat ons in staat sal stel om verantwoordelike volwassenes, ouers en lede van die gemeenskap te wees” . Die skool beskerm ook die regte van leerders en onderwysers in die daarstelling van ‘n harmoniese en nederige verhouding waarbinne wedersydse respek tussen onderwysers, leerders en ouers sal heers; asook waarin samewerking en vertroue tydens die leerproses sal geskied. Visie Toonaangewend . Toekomsgerig . Revolusionêr. Missie Om die Christelike en Afrikaanse waardes van Hoërskool Waterkloof te bewaar en uit te bou, op só ‘n wyse dat leerders as jong volwassenes in die samelewing volgens potensiaal en vermoë kan presteer en om as opvoedingsinstansie, plaaslik, nasionaal en internasionaal op die voorpunt van opvoedende onderwys te wees. By Hoërskool Waterkloof glo ons: • ‘n betrokke leerder is ‘n gelukkige leerder • aan ‘n gebalanseerde opvoedingsinstansie in ‘n Christelike omgewing • dat Klofies vir almal moet omgee • aan gelyke geleenthede vir almal • skoolgaan moet pret wees • waardes is deel van die Klofieleefwyse
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.