Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


2 Mopani Road, Cnr Old Johannesburg & Mopanie Roads, Hennopspark, Centurion, Gauteng, 0172, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Hoërskool Zwartkop Secondary School Hoërskool Zwartkop is geleë in Hennopspark , Centurion en is ‘n skool waar kinders volledig en optimaal toegerus word vir ‘n sinvolle en suksesvolle lewensbestaan. Die skool is gebou op die ou oorspronklike plaas met die naam Zwartkop en het sy deure op 11 Januarie 1984 geopen met ‘n leerdertal van 298. Die skool is gebou met fasiliteite vir ‘n algemene- en tegno-akademiese studierigting. Vandag bestaan die skool uit ‘n leerdertal van nagenoeg 1 800 en ‘n personeelkorps van meer as 110. Een van die uitstaande kenmerke van Zwarrieland is die besondere gevoel van samesyn – in die volksmond bekend as die Zwarrie-Vibe ! Daar word geroem daarop dat Zwarrieleerders en –onnies gelukkig is. Die spyskaart van aktiwiteite waaraan kinders kan deelneem in Zwarrieland is lank en wyd. Hoërskool Zwartkop roem daarop dat hulle afgeronde, goed gebalanseerde en gelukkige leerders aan die einde van matriek lanseer om suksesvolle lands- en wêreldburgers te word. Leerders in dié skool se uniekheid en individualiteit word erken en gerespekteer. Die Zwarries lewe hulle leuse “Glo en Dien” op alle vlakke van die samelewing uit. Hulle pak alles met oortuiging aan en ondersteun mekaar ten volle. Hulle leef hulle roeping uit en laat die legende voortleef in alles wat hulle hulle ten doel stel. In Hoërskool Zwartkop word wenners gekweek! Die skool is graag mede-skrywer van die suksesverhaal van kinders.
Contact this business directly from its profile.