Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


1072 Meyer Street, Villieria, Pretoria North East, Gauteng, 0186, South Africa
Closed now · 07:30 - 14:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Hoër Tegniese Skool (HTS) John Voster HTS John Vorster is geleë in Villieria , Pretoria aan die voet van die Magaliesberge en is ‘n volwaardige Tegniese Hoërskool waar al die Tegnologiese Studierigtings effektief aangebied word. Gespesialiseerde toerusting word deur Vakspesialiste gebruik om al die vakke aan te bied. HTS John Vorster bestaan alreeds sedert 1962. Vele oud–JV’s het hier hul fondasie gelê en as ingenieurs, vakmanne en in ander beroepe bygedra tot die ekonomiese ontwikkeling van ons land. TEGNOLOGIESE ONDERWYS IS TOEKOMSVRIENDELIK … omdat dit beroepsgerig is en benewens onderrig, ook opleiding verskaf. Die keuse van ‘n studierigting bepaal die keuse van die regte hoërskool – nie andersom nie. AKADEMIE Aangesien die tegnologiese studierigting gespesialiseerd is, beskik slegs 'n volwaardige hoërskool vir tegnologie soos HTS John Vorster , oor die vakspesialiste en gesofistikeerde toerusting wat 'n waarborg is vir ononderbroke standaardonderrig en-opleiding. KULTUUR HTS John Vorster spog met ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem. Op die gebied van redenaars, is die JV's uiters kompeterend en welbekend op plaaslike en nasionale vlak. Ons neem ook deel aan kunswedstryde, kunstefeeste en sangkompetisies. SPORT Sport, oefening en ‘n gesonde lewenstyl is ‘n integrale deel van elke kind se ontwikkeling. Ons visie is om deur sport en liggaamlike opvoedkunde, individue te ontwikkel wat die belangrikheid van dissipline, die genot van sport, en die voordele van ‘n gesonde liggaam en gees ervaar en verstaan. "Commended by Education Department as best Technological High School in Gauteng. Wonderful spirit amongst parents and learners and staff."
Contact this business directly from its profile.