Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Pearly Beach Resort Shop, 1 Afsaal Street, Pearly Beach, Western Cape, 7220, South Africa
Closed now · 08:00 - 18:00
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Koekeloer Gift Shop Pearly Beach Koekeloer Gift Shop Pearly Beach is ‘n unieke winkel wat jou op ‘n verkenningstog neem van geskenke, dekor, meubels, nautical items, klere, juweliersware, skoene, handsakke, kombuisware, canvasse, chalk paint, stencils en vele meer. Die ideaal is verseker om tyd tot jou beskikking te hê om tussen die rakke te spandeer, opsoek na daardie spesiale geskenk of décor item vir jou tuiste. Die uniekheid van ons winkel is die wye verskeidenheid van produkte, want behalwe dat ons voorsien aan die gesofistikeerde koper, bedien ons ook Jan Alleman en is hier ‘n groot keuse om te verseker dat ons in elkeen se smaak en behoefte kan voorsien. Met byna 40 jaar se ondervinding in kleinhandel, is meeste groothandelaars aan ons bekend en hanteer ons die afgelope dekade ook eie invoere om kliënte die grootste verskeidenheid moontlik te kan bied. Koekeloer is immergewild by binnenshuise versierders wat unieke produkte soek. Tuisteskeppers kom snuffel ook gereeld. As jy ‘n geskenk soek vir daardie spesiale persoon of geleentheid, is Koekeloer ongetwyfeld die regte winkel!
Contact this business directly from its profile.