Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


356 Dey Street, Nieuw Muckleneuk, Pretoria East, Gauteng, 0145, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Anton van Wouw - 'Wouwtjies' - Primary & Elementary School Laerskool Anton van Wouw is ’n ietwat weggesteekte juweel… agter die Brooklyn Mall en in die hartjie van ’n lowerryke, rustige woonbuurt Nieuw Muckleneuk , Pretoria . Ons skool bied ouers en kinders álles wat hul hart begeer… as waardegedrewe skool, is dit vir ons baie belangrik om ons ouers se goeie opvoeding tuis, binne ons skool voort te sit. Baie welkom by ons pragtige skool! Laerskool Anton van Wouw is een van die oudste skole in die oostelike voorstede van Pretoria en kan spog met ‘n kleurryke geskiedenis en ‘n trotse tradisie van besondere hoë akademiese-, kulturele– en sportprestasies. Ons leuse – “ons maak tyd vir u kind” – is die spil waarom Wouwtjie-wees draai. As ons dink aan wát ’n ouer en kind in sóveel dae en ure hier beleef, het ons te doen met ’n uurglas wat sewe jaar se sandjies stadig laat deurloop. Aan die ander kant, as ons na één besige dag op ’n slag kyk, het ons eerder te doen met ’n sekondewyser wat bokspring en tiekiedraai tussen die oomblikke, minute, ure… alles wat in een dag toegevoeg word tot ’n lewetjie. Ons Wouwtjie-wêreld bestaan uit derduisende kleurvolle, uniek-verskillende Lego-boublokkies, wat op ’n wonderlike, kleurvolle manier by mekaar inklik en inskakel, om ’n wêreld te bou wat moeilik nageboots kan word. Elke aspek van ons skool vorm ’n bousteen waarop die volgende een ingepas kan word en elke onderwyser, kind en ouer maak die kombinasie van kleure, interessante karaktertjies en rekwisiete, heeltemal uniek! Eenkeer 'n Wouwtjie ...altyd 'n Wouwtjie ! Hier is elke kind tuis, dartel kaalvoet en sorgeloos deur kindweesjare...geanker deur 'n skool met rotsvaste beginsels, puik akademiese standaarde, sport- en kultuurgeleenthede om van te droom...en waar speel nog prioriteit is! Hier hou bevoorregte onderwysers skool met behulp van die beste tegnologie...die klein klassies sorg vir "privaat onderwys" teen 'n fraksie van die prys! In Wouwtjieland maak ons werklik tyd vir ú kind!
Contact this business directly from its profile.