Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Welthagen Street, Fichardt Park, Bloemfontein, Free State, 9301, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Fichardtpark "Fichie" - “Volhard en Oorwin” Laerskool Fichardtpark het sy naam te danke aan die woonbuurt, Fichardtpark in Bloemfontein , waar dit ook geleë is, en is ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel. Die naam Fichardt is weer afkomstig van die bekende Fichardtfamilie. Die woonbuurt is gebou op die plaas, Brandkop wat aan die Fichardtfamilie behoort het. Waar die skool tans geleë is, was ‘n oop stuk veld waar wild en vee gewei het. ‘n Klompie jare gelede was Fichardtpark ‘n plaas wat ‘n ent buite Bloemfontein geleë was. Die skool is op 18 Januarie 1977 geopen met 171 leerders van graad 1 tot graad 3. Mevrou Retha Wolvaardt was aangewys as die eerste waarnemende skoolhoof, saammet ses ander personeellede. Die skoolgebou was nog in aabou toe hulle die eerste dag geopen het. Missie & Doelstellings Om ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool te wees, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel. Ons stel ons ten doel om : - aan alle leerders van die skool onderrig van hoë kwaliteit te bied gegrond op waardes, Afrikaanse moedertaalonderrig en kulturele erfenis - ‘n dinamiese onderwysstrategie te volg wat tred hou met ontwikkeling - elke leerder liggaamlik en geestelik tot sy volle potensiaal te ontwikkel deur middel van ’n gebalanseerde akademiese-, -kulturele- en sportprogram binne ’n veilige omgewing - ’n opvoedkundige instansie te handhaaf waarbinne elke opvoeder beroepsekuriteit, professionele selfstandigheid, doeltreffende benutting, werkstevredenheid en persoonlike ontwikkeling kan ervaar - die gemeenskap en omgewing waarbinne die skool funksioneer doelgerig te betrek en op voortreflike wyse te dien - die skool te bestuur en te bedryf ooreenkomstig aanvaarde en gesonde beheer- en bestuursbeginsels - ’n tradisievaste en waardegedrewe skool te wees
Contact this business directly from its profile.