Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Laerskool Hennopspark Primary School Laerskool Hennopspark is geleë in Hennopspark , Centurion en is 'n skool waar God regeer - 'n skool vir kinders. 'n Skool waar elke kind 'n wenner word en waar tradisie geskep en uitgebou word. Ons Kaalvoetskool is verfrissend anders! Gedurende die sewentigerjare is Hennopspark, as voorstad van Centurion, gekenmerk deur ‘n baie sterk landelike karakter. Aan die grense van die jong, ontwikkelende gebied was dit nie ‘n vreemde gesig om skape in die middel van die pad aan te tref nie, of ‘n kar te sien wat gaan staan het in die middel van die laagwaterbruggie nie… In 1981 is die wense van die groeiende getal inwoners van Centurion bewaarheid, toe ‘n Afrikaanse laerskool in Hennopspark opgerig is. Laerskool Hennopspark het op 7 Januarie 1981 sy deure geopen met Meneer J.J Grové, as hoof, nege leerkragte en twee honderd sewe en veertig kinders. Die skool het met rasse skrede gegroei sedert die beginjare en daar is tans ongeveer 1900 leerders en 150 opvoeders. Na al die jare is dit steeds die strewe van ‘n toegewyde personeelkorps, in vennootskap met ouers wat nie skroom om betrokke raak nie, om as skool lig van Sy Lig in die gemeenskap te wees. Jou Kaalvoetskool is gereed vir 2022!
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.