Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Plaas Kameelfontein 297, Gedeelte 27, Kameelfontein Road, Kameelfontein, Pretoria North East, Gauteng, 0035, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Kameelfontein Laerskool Kameelfontein is geleë in Kameelfontein , Pretoria Noord Oos en is ‘n dinamiese Afrikaanse skool met 'n ryk geskiedenis en 'n landelike atmosfeer, slegs 'n hanetree van die woelige stad. Ervare, toegewyde personeel bou daagliks aan 'n fondasie van goud op ons kinders se lewenspad. Daar is ‘n plek vir ‘n boer om te gaan as hy vrousoek, maar waar gaan ‘n boer as hy skool soek? Waarom asemloos gelaat word deur die vuil lug van die stad en die vierkantige geboue wat vir jou terugstaar, as jy asemloos gelaat kan word deur pure verstomming! By Laerskool Kameelfontein werk dinge net anders. Die leerders is nog kaalvoet en vrylopend. Al wat ons leerders hier krap, is die gras onder hulle voete. Die Kammie gemeenskap getuig ook van ‘n kultuur van liefde en omgee en elke onnie ken elke leerder op die naam. Vir ‘n plaasskool net buite die stad, kom kuier gerus vir ons en kom word deel van die kammierade ! Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir meer inligting. ONS VISIE Om Laerskool Kameelfontein te vestig as 'n Laerskool met 'n Christelike grondslag waar kwaliteit onderrig in 'n unieke leeromgewing aan alle leerders verskaf word, sodat hulle, hul volle potensiaal op beide akademiese en nie-akademiese gebied bereik word. Laerskool Kameelfontein , waar kaalvoetkinders vrylopend, veilig en voorspoedig kan wees.
Contact this business directly from its profile.