Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Cnr Langebrink & Pretorius Avenue, Lyttelton Manor, Centurion, Gauteng, 0157, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Louis Leipoldt Laerskool Louis Leipoldt is geleë in Lyttelton Manor , Centurion en het ‘n ryk en trotse geskiedenis. As die oudste skool in Lyttelton is Louis Leipoldt die vlagskipdraer en op akademiese gebied is ons ‘n voorloper. Met ons Afrikaanse, Christelike aanslag kweek ons toekomstige leiers. Hier is elke leerling belangrik. Deelname en betrokkenheid is hoog op ons prioriteitslys. Ons roem onsself as ‘n baie goed gebalanseerde skool waar sport en kultuur ‘n regmatige plek in ons leerlinge se opvoeding en onderrig het. Met ons ondersteunende gemeenskap en ouerkorps is dit maklik om hande te vat tot voordeel van ons leerders. ‘n Dinamiese beheerliggaam sterk ons personeel se hande in die proses van kwaliteit onderrrig. Akademiese, sport- en kultuurprestasies is volop en is ‘n toonvenster van ons bekwame en entoesiastiese personeel, leerders wat positief deelneem en ouers wat die skool en leerlinge ondersteun. Laerskool Louis Leipoldt handhaaf hoë lewenswaardes en almal word met respek hanteer. Hierdie lewensuitkyk maak ons trots om deel te wees van die skool. Eens ‘n Leipie, altyd ‘n Leipie.
Contact this business directly from its profile.