Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Laerskool Monumentpark - 'Monnies' - Primary School Laerskool Monumentpark is geleë in Monument Park , Pretoria en Monnies strewe om ‘n skool van voorkeur te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding, lewenswaardes en –vaardighede aan elke leerder. Grondslagfase (Graad 1 tot Graad 3): Ons ervare en liefdevolle personeel ontvang alle Blinkoog Monnies elke dag. Met toewyding en ondersteuning sorg hulle dat die ervaring by die skool elke dag die lekkerste-lekker is! Laerskool Monumentpark het 6 Graad R, 5 Graad 1 en 2, en 6 Graad 3 klasse. Intersenfase (Graad 4 tot Graad 7) : By Laerskool Monumentpark is uitnemendheid die dryfveer agter ons akademiese sukses. ‘n Hoogsgekwalifiseerde en toegewyde personeelkorps lei met entoesiasme, terwyl ‘n goeie balans tussen tradisionele en innoverende onderrigmetodes gehandhaaf word. KAVS word met sukses in die Intersenfase geïnkorporeer. Deurlopende assessering stel ons in staat om probleemareas spoedig te identifiseer, evalueer en effektief aan te spreek. ‘n Intensiewe heronderrig en remediëringprogram word met vrug aangebied en waar nodig ontvang leerders addisionele steun van ons bekwame Leerderondersteuningspan. Vaardigheidsontwikkeling word holisties benader en die inkorporering van tegnologie, vernuwende denke en ‘n “uit-die-boks” aanbiedingstyl getuig hiervan. Ons Visie: Laerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding, lewenswaardes en –vaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word. Ons Slagspreuk: “Blinkoog Monnies”
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.