Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


209 Roper Street, Brooklyn, Pretoria East, Gauteng, 0181, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Pretoria-Oos - 'Osies' - Primary School Laerskool Pretoria-Oos is geleë in Brooklyn , Pretoria en is 'n trotse Afrikaanse laerskool met 'n plattelandse-gevoel in die middel van die stad. 'n Skool waar kinders steeds kaalvoet-kinders kan wees. Laerskool Pretoria-Oos presteer op verskeie gebiede in Kultuur, Sport en Akademie en jou seun en dogter sal verseker iets kry om by in te skakel en deel te word van ons familie. ‘n Skool waar kinders steeds kaalvoet-kinders kan wees met die volgende beginsels: - Elke kind kry soveel as moontlik kans om deel te neem; - ‘n Balans tussen akademie, sport en kultuur word gehandhaaf; - Waar liefde, vrede, vreugde, geduld, respek en verantwoordelikheid gekweek word; - Kinders al spelende leer; - Die skool se leuse geleef word: “Aanhou(ers) wen”; en - Die logo se BOOM – lewe, groei, kalmte en skadu verteenwoordig. Osies is nie: - ‘n Opgesmukte skool wat primêr prestasies najaag nie - ‘n Akademie vir excellence in spesifieke sportsoorte nie VISIE Om ‘n geborge en veilige leervriendelike omgewing te skep waarbinne die kind sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel. MISSIE Om elke leerling van die skool by die skool en in die gemeenskapop te voed in ‘n mileu waar waardes soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing nagestreef en gevestig word, in ‘n kindervriendelike atmosfeer van wedersydse respek, in Afrikaans ter verwesenliking van sy of haar volle potensiaal, volledig toegerus vir die hoërskool ter wille van hom- of haarself en sy of haar gesin, die skool, die gemeenskap en die land met uitnemende onderrig op akademiese, sport- en kulturele gebied deur besielde onderwysers, ouers en ander persone en met die optimale benutting van staatssubsidies, skoolfondse en ander eie fondse. Laerskool Pretoria-Oos se leuse: “ Aanhou(ers) wen ”
Contact this business directly from its profile.