Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Cnr Panorama Road & Maraboe Avenue, Rooihuiskraal, Centurion, Gauteng, 0154, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Rooihuiskraal is 'n uitmuntende publieke Afrikaanse Laerskool. Die Laerskool Rooihuiskraal is geleë in Rooihuiskraal , Centurion en is 'n uitmuntende publieke Afrikaanse Laerskool. Hier is tans bykans 1800 pragtige, gelukkige, goed-gebalanseerde en tevrede kaalvoet kinders wat in ‘n geborge en veilige omgewing leer, speel en ontwikkel. Op akademiese terrein is vernuwing, ‘n hoë standaard en kwaliteit onderrig ononderhandelbaar. Rooimiere presteer jaarliks in hul buite-kurrikulêre aktiwiteite en word gereken, met respek, as een van die beste skole in die land. Hier vind Christelike Onderwys en waardes plaas, met die erkenning en beskerming van vryheid van geloof, spraak en assosiasie. Die Laerskool Rooihuiskraal word gekenmerk aan: Hoë akademiese standaarde, 'n gedissiplineerde geborge atmosfeer, aktiewe deelname aan sport en kulturele aktiwiteite en ‘n spontane, entoesiastiese gees. Om saam met u toe te kyk hoe u kind ontluik, is vir ons ‘n voorreg. Hegte bande tussen skool en ouer is belangrik vir die ontwikkeling van u kind. Ons doel is om saam met u toe te kyk hoe u kinders hul talente ontwikkel binne ‘n veilige, ondersteunende omgewing. Ons sien uit na die uitbreiding van selfvertroue en waagmoed wat hul sal bemagtig om die lewe positief te benader. Ons nooi u om te deel in 'n vennootskap met Die Laerskool Rooihuiskraal . Saam sal ons streef om u kind volkome toe te rus vir die lewe en die geweldige eise van die toekoms. Ons weet dat u tyd by Die Laerskool Rooihuiskraal ‘n aangename ervaring sal wees en ons verwelkom u by ons moderne, dinamiese skool. As u enige navrae het, is u welkom om ten enige tyd die skool te kontak.
Contact this business directly from its profile.