Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


273 Antun Street, Sinoville, Pretoria North East, Gauteng, 0182, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Stephanus Roos - Waar 'n Rosie altyd hoër groei - Tot Bo Laerskool Stephanus Roos is geleë in Sinoville , Pretoria Noord Oos en is ‘n dinamiese Afrikaanse skool met 'n ryk geskiedenis, waar ons poog om net die beste geleenthede vir ons kinders te gee. By Laerskool Stephanus Roos spog ons met ons skool waarop ons trots is, Rosieland waar ons kleuters elke dag woeker, ons skoolleerders en aktiwiteite asook ons naskool. Laerskool Stephanus Roos kry sy naam op 27 Augustus 1971. Die skool word vernoem na veldkornet Roos, wat in die Slag van Amajuba tydens die Eerste Vryheidsoorlog die voortou geneem het en 40 boerekrygers die berg opgelei het teen genl. Colley en sy magte. Op 4 Oktober 1984 word ‘n borsbeeld van Stephanus Roos deur die beeldhouer Phil Minnaar onthul. By die geleentheid was vyf van veldkornet Roos se kleinkinders en 20 ander familielede teenwoordig. Meneer Paul Jacobs was die eerste permanente hoof van Laerskool Stephanus Roos . Op vraag wat hy met die skool wil bereik, het hy geantwoord: “Die skool moes onderskei kon word van ander skole deur ‘n kultuursentrum te wees. Kultuurontwikkeling is inderdaad deel van die opvoedingstaak”.
Contact this business directly from its profile.