Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


41 Henry Road, Shere AH, Pretoria East, Gauteng, 0084, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Tygerpoort - 'n Skool vir ware wenners Laerskool Tygerpoort is geleë in Shere AH , Pretoria Oos en dit het alles begin met 'n klein plaasskooltjie, ver buite die stad. Meer as 'n 100 jaar later, het hierdie klein plaasskooltjie groot geraak en is ons lankal nie meer ver buite die stad nie, maar wel 'n uitnemende laerskool, steeds met 'n plaasgevoel, in die ooste van Pretoria. Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein, maar vorm deel van alle geleenthede wat 'n toonaangewende skool soos Laerskool Tygerpoort bied. Hier presteer leerders nie net op akademiese gebied nie, maar net so goed op die sport- en kultuurvelde. Die skool bestaan vandag uit nagenoeg 1200 leerders en 'n onderwyserskorps van 80. Ons staan onder die bekwame en passievolle leierskap van mnr. N.J. Coetzee en sy Skoolbestuurspan. Verder word ons bygestaan deur 'n betrokke, ervare en bekwame Ouerbeheerliggaam. Wees verseker dat Laerskool Tygerpoort in die volgende 100 jaar sal aanhou voortbou op ons sterk fondamente wat ons deur die eerste 100 jaar gedra en gebou het. ONS VISIE ‘n Skool met karakter, ‘n Skool wat ‘n verskil maak, TROTS TYGIELAND ONS MISSIE Om elke kind se uniekheid en karakter te (er)ken, te vorm en te bou. Om verhoudings te bou, geleenthede te bied en boustene te lê... vir elke kind se pad wat wag. ONS FONDAMENTE - Trots - Tradisies en Christelike karakter - Optimale leer - Landelike omgewing - Ouer- en gemeenskap betrokkenheid 'n Skool met karakter, 'n Skool wat 'n verskil maak “ Trots Tygerpoort !”
Contact this business directly from its profile.