Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Voorpos - Ons sal antwoord op jou roepstem. Laerskool Voorpos is geleë in Waverley , Pretoria en wil 'n voorpos wees op die gebied van die opvoeding en onderwys en wil daarmee ophef. Voorpos se onderwysers belê in ons kinders se selfvertroue. Hier word hard gewerk aan die kind se denke, onder stressituasies, sodat hy amper outomaties die regte besluite kan maak. Ons poog om ons leerlinge so te begelei dat hulle kalm en beheersd onder druk kan optree. Laerskool Voorpos was die afgelope sestig jaar vol passievolle voete. Hulle het passie vir hulle roeping gehad om kinders met baie oefening, die lewe in te stuur. Hulle passie veroorsaak ʼn hoë vlak van entoesiasme in hul klasse en op die buite kurrikulêre terrein. Onderwysers het hande gevat met die Departement van Onderwys, passievolle ouers, beheerliggame, vriende van ons skool, kundiges buite Voorpos, en die sakewêreld rondom ons skool. Moeite en uitdagings is met passie hanteer. Visie Hier bou ons vir die toekoms. Missie - Om Christelike waardestelsel, waarbinne opvoeding en onderrig uitnemend is, te vestig, in stand te hou en uit te bou. - Om met die oog op sinvolle betrokkenheid in die samelewing, binne die kulturele raamwerk van die gemeenskap groei en ontwikkeling van die kind te verwesentlik. - Om diens aan die gemeenskap te lewer.
Contact this business directly from its profile.