Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Laerskool Wierdapark - WIERDAS - Primary School Laerskool Wierdapark is geleë in Wierdapark , Centurion en ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese, moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap, in vennootskap met ons ouers, deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel. Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU" , deel van elke leerder se lewe en wese te maak. By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Die basis van onderrig is etiese waardes en normes en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan. Ons skool is die tuiste van blinkoogkinders met ‘n toekomsvisie, wat daagliks hul gawes en talente benut om hul drome ‘n werklikheid te maak en ons beskik oor gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. Hoë akademiese standaarde word altyd gehandhaaf met die hulp van hoogs bekwame en kundige personeel. Word ‘n Wierie en wees deel van die GROEN KAMPIOEN !
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.