Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Cnr Braam Pretorius & Jan Booysen Streets, Annlin, Sinoville, Pretoria North East, Gauteng, 0084, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Laerskool Wonderboom Laerskool Wonderboom is geleë in Annlin , Pretoria en is 'n doelgerigte Afrikaanse skool gewortel in etiese waardes, waar kwaliteit onderrig en gelyke geleenthede gebied word. Dit is ‘n skool waar daar al ‘n trotse 54 jaar lank gewoeker en gewerk word. Die skool se leuse, “Staan Vas” , is die goue weefdraad deur al die bestaansjare in hul waardes, geloof en passievolle onderrig. Vandag is die strewe steeds om te bou en te verbeter en sodoende net die beste vir die skoolgemeenskap te verseker. Net soos die boom op die skoolwapen wonderkrag en standvastigheid simboliseer, vorm die vaslegging van goeie leerkennis en deelname aan sport- en kultuuraktiwiteite die grondslag by Laerskool Wonderboom . Elke leerder word as uniek beskou en so gelei dat hulle hul potensiaal ten volle kan ontwikkel en verwesenlik. Om suksesvol te wees, streef die Wonnies om op sterk punte te fokus en nie op swakhede nie. Leerders word geleer om eie denke te bou in omgewings wat geleenthede daarvoor skep. Vormende waardes en vernuwing is die rigsnoer van onderrig in die klaskamer. Tegnologie dra by tot kreatiewe, interessante en lewendige klasaanbiedings en elke klaskamer is toegerus met dataprojektors en internetverbindings. Die droom om ‘n tegnologiese Wiskundeperiode te skep, begin vorm kry. Wiskundeklasse word in graad 4, 5 en graad 6 verdeel sodat daar gemiddeld 16 leerders in ‘n klas is. Verskeie kreatiewe vaardighede in die kunsklas skep geleenthede vir leerders om kreatiewe denke visueel te verbeeld. Leerders bou daarop voort in die hoërskool en dit is sigbaar in die uitsonderlike prestasies wat daar bereik word. Met ‘n geesdriftige, toegewyde en goed opgeleide personeelkorps, word leerders begelei en die pad aangewys om hulle voor te berei op die lewe. Die reëls van die skoollied vat alles saam: “O wonder van ‘n duisend jaar, hoe vas het jy gestaan” . Op die Wonniewerf word Wonnies wenners!
Contact this business directly from its profile.