Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


72 Brummeria Road, Brummeria, Pretoria East, Gauteng, 0184, South Africa
Closed now · 08:00 - 16:30
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Lewende Woord Main - Brummeria Lewende Woord Brummeria se dienste word gekenmerk deur ‘n vriendelike en ontspanne atmosfeer met teer aanbidding wat jou nader aan God se hart bring. Met elke diens bied ons praktiese onderrig uit die woord van God wat jou sal toerus om ‘n dader van die Woord te wees. Persoonlike bediening word gebied na elke diens, onder andere gebed vir genesing en enige ander behoeftes as ook algemene berading. “Kan 'n nasie na die Here terugkeer?” Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid! Sedert die ontstaan van Lewende Woord in 1986 was dit my en Rina se begeerte dat Lewende Woord 'n ware vernuwingsgemeente sal wees en sal bly. Dit beteken dat ons een van die gemeentes sal wees waar Christenskap weer soos in die boek van Handelinge (Hand. 3:19; Hand. 2:42-46) beleef sal word – dinamies, vrymakend en wat die samelewing vir Jesus liefdevol oorwen! Die bruid van Christus moet oral saam met Jesus, die Bruidegom, vanuit hemelse plekke begin regeer. Dit was voorheen nie moontlik nie, want die bediening van apostel, profeet, evangelis, herder en leraar was nog nie volwaardig herstel nie (Ef. 4:11-14). Ook was die proses van dissipelskap nie deeglik in plek nie. Ons glo dat ons deel van God se antwoord vir Pretoria/Tshwane, Suid-Afrika en internasionaal is. Ons bediening is daarop gerig om jou gees, siel en liggaam (1 Thess. 5:23) op te rig sodat jy jou skeppingsdoel sal uitleef. Dit is my begeerte om mense waarlik honger te maak vir die Lewende Woord van God en toe te sien dat die Woord met krag groei. (Hand.19:20) – Nevil Norden Join us online on Sundays @ http://online.lw.family/
Contact this business directly from its profile.