Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.

503 Hornblend Street, Elarduspark, Pretoria East, Gauteng, 0181, South Africa
Hours not published yet.
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Trading hours have not been published yet.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Baie welkom myKerk.com is die aanlyn kerk van Collage gemeente in Pretoria. Wanneer jy registreer het dit verskeie voordele waarvan die belangrikste is dat jy deel vorm van ʼn gemeente waar jy weekliks kan aanbid, jou in al jou lewensfases bedien, ʼn geestelike tuiste vir jou hele gesin word en jou in staat stel om geestelik te groei. Sluit aan by myKerk.com en ervaar kerkwees waarookal jy in die wêreld is. Jy kan aanlyn betrokke raak by mykerk.com deur eerstens aan te sluit deur te registreer. Wanneer jy aangesluit het stel dit jou in staat om geestelike bediening op verskeie vlakke te ontvang, met ons kontak te maak, berading te ontvang, ensovoorts. Daar is geen aansluitingsfooie nie, maar dit staan jou vry om die gemeente te ondersteun deur jou vrywillige bydrae wat ons in staat stel om jou effektief te bedien. Ons wil jou in staat stel om geestelik te groei en jy ontvang meer as om net by weeklikse aanbiddingsdienste in te skakel. Jy kan ook toegang verkry tot kleingroepe en kleingroepmateriaal, woordskool reekse asook kinderkerk lesse en materiaal. Die aanbiddingsdiens word in werklike tyd (RSA tyd) om 9h00 en 18h00 ge-stream na Facebook en Youtube. Om te registreer by Facebook kliek op die icon en "Like" die bladsy. Jy sal outomaties 'n kennisgewing ontvang wanneer dienste ge-stream word op Facebook. Om te registreer by YouTube kliek op die icon en "subscribe" by die kanaal. Jy sal outomaties 'n kennisgewing ontvang wanneer dienste ge-stream word op Youtube. Jy kan ook deur die webtuiste kies om die aanbiddingsdiens by te woon op ‘n tyd wat vir jou gerieflik is. Die uitsending is so verpak dat jy op ‘n relevante wyse kan deelneem. Dit is gratis, registreer gerus om toegang te kry.
Contact this business directly from its profile.