Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Cnr Santie Street & Konstantyn Street, The Reeds, Centurion, Gauteng, 0158, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Nederduitsch Hervormde Gemeente Rooihuiskraal - NHKA NHK Rooihuiskraal is 'n gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk wat geleë is in The Reeds , Centurion en ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld. Ons missie is om werklik Kerk van Christus te wees deur te fokus op: viering, gemeenskap, diens en getuienis. Daarom wil die NHK as gemeenskap van gelowiges ons geloof in Jesus Christus in woord en lied vier, mense dien en van die verlossing in Christus getuig. Kerkwees in die huidige tyd waarin ons leef trotseer baie uitdagings. Dit beteken dat geloof dus ook uitdagings ervaar. Die kerk as liggaam van Christus het die roeping om die evangelie uit te dra en daar is heelwat Bybelse tekste wat hierdie opdrag van kerk en gelowig wees omskryf. As deel van die liggaam van Christus streef ons daarna om gerig deur die Woord ‘n dienende geloofsgemeenskap te wees. Om deel te wees van ‘n gemeente beteken om deel te wees van mekaar se lewe. In hierdie geloofsgemeenskap sit ons saam om ‘n tafel en deel ons dit wat ons ontvang. Wanneer Jesus die eerste keer aan sy dissipels die Nagmaal bedien, sê hy aan hulle: “ Neem dit en gee dit vir mekaar aan .” (Lukas 22:17). Ons wil hierdie opdrag oor die wye spektrum van ons geloof en kerkwees toepas. Ons wil nie net ontvang nie, maar ook deel. Soos enige huisgesin sit ons saam aan ‘n tafel en deel in mekaar se lewe. Ons lag saam, ons huil saam en ons verskil van mekaar.
Contact this business directly from its profile.