Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


22 Aarbei Avenue, Miederpark, Potchefstroom, North West Province, 2531, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
NG Kerk Miederpark - Potchefstroom NG Kerk, Miederpark Gemeente is ‘n geloofsfamilie wat onderling mekaar se liefde en vreugde deel. Saam is ons op reis in ons geloofsontwikkeling. As draers van Hoop in Christus, wil ons graag diensbaar wees en ons passie en vreugde laat oorspoel na almal wat ons pad kruis! Een van die geheime om vreugdevol te leef, is om namens Jesus iemand anders te bedien en ‘n verskil te maak daar waar God jou geplaas het! Dit doen ons, deur gebed te integreer met alles wat ons doen; deur met omgeeliefde te leef; deur mekaar toe te rus met Bybelse waardes as fondasie vir ons lewe; en deur die getuienis van ons verlossing prakties uit te leef! Miederpark gemeente is ‘n dinamiese vernuwende voorstedelike gemeente, maar ook ‘n gemeente wat vashou aan Bybelse waardes. Die gemeente word bestuur deur ‘n gemeentebestuur wat saamgestel is uit 12 bedieningsleiers en twee leraars. Kenmerkend van ons geloofsfamilie, is ons omgeeliefde vir mekaar. Ons moedig mekaar aan om deur ons getuienis en gawes ‘n verskil in God se koninkryk te maak. Soos iemand opgemerk het: “Blom waar jy geplant is!” Gebed speel ‘n groot rol in alles wat ons doen. Die jeug is vir ons ‘n prioriteit en moeite word gedoen om ons kinders deur ervaringsleer te onderrig en te begelei. In omgeegroepe skep ons ruimtes vir emosionele versorging, meelewing, geestelike groei en uitreik. Dit is ons strewe om as draers van Hoop ‘n verskil in mekaar se lewe, maar ook in die breër gemeenskap te maak. Ons trap reeds oral spore in ons gemeenskap en wil graag ons getuienis prakties lewe!
Contact this business directly from its profile.