Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


NG Kerk Stellastraat Gemeente NG Kerk Stellastraat is 'n NG gemeente in die ooste van Pretoria wat graag waarde wil toevoeg tot die gemeenskap waarin ons woon. Stellastraat se werksaamhede word in vyf groepe ingedeel. Ons noem hierdie groepe Diensgroepe. Die diensgroepe word nie verkies of aangewys nie – enige lidmaat kan by enige groep van sy/haar keuse inskakel. Ons wil jou uitnooi om betrokke te raak. Afhangende van jou tyd en belangstelling is daar ‘n hele klomp plekke waar jy betrokke kan raak en jou gewig ingooi. Die lewe van ‘n gemeente word bepaal deur die onderlinge verhoudinge tussen gemeentelede. ‘n Gemeente is mense wat bymekaarkom om die liefdevolle en omgee-liggaam van Christus te wees. In ‘n gemeente soos Stellastraat , met ongeveer 3000 lidmate, is dit onmoontlik dat alle lidmate mekaar ken, wat nog daarvan dat almal met mekaar in ‘n omgee-verhouding kan wees. Maar ons gaan nie ophou om situasies te skep waar soveel as moontlik van die lidmate mekaar ken, en hulle ingesteldheid van omgee teenoor mekaar uitleef nie. Lede van Diensgroep Onderlinge Sorg probeer geleenthede skep waartydens lidmate dinge saamdoen en mekaar beter leer ken.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.