Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


1249 Cunningham Avenue, Waverley, Pretoria Moot, Gauteng, 0135, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
NG Kerk Gemeente Waverley (Waarby Villieria-Oos ingelyf is) NG Gemeente Waverley is geleë in Waverley in die Moot-gebied in Pretoria en ons gemeente het verskeie aksies of aktiwiteite (dienswerk van die gelowiges) waardeur ons die Koningkryk van God in die gemeente en in die gemeenskap dien. Elke persoon wat by een van hierdie aksies/aktiwiteite betrokke is, is God se medewerker in die koms van Sy Koiningkryk hier op aarde. Ons is ‘n wonderlike span van drie predikante. Die predikante is deur hulle opleiding en ondervinding toegerus om mense in verskillende situasies by te staan en te begelei. Elkeen van die predikante sien dit as ‘n voorreg om in die mense se lewens betrokke te wees. Alle kinders van 2 jaar tot Graad 6 is welkom om deel te wees van kinderkerk Sondae oggende om 09:00. Die kinderbediening wil graag vir kinders help om ‘n verhouding met God te bou, ‘n liefde vir die kerk te ontwikkel en saam die gemeenskap van gelowiges te beleef. Elke groep het ‘n jeugleier wat tydens die erediens vrae antwoord, saam die gesprekke hanteer en daarop fokus om verhoudings te bou. Kinderkerk is vir ons baie belangrik, die kinderkerk span is passievol oor dit wat daar gebeur en jy is baie welkom om deel te word hiervan. Tieners van Graad 7-11 vorm deel van die tienerbediening. Tieners woon saam die aanddienste by waarna ons in afsonderlike groepe met ons jeugleiers ontmoet. Die ontmoeting na die erediens fokus op die teks van die erediens en die jeugleiers reis saam die groep vir die jaar. Matrieks en studente ontmoet na die 17:15 Sondag-aanddiens in ‘n kleingroep saam Ds. Nadine waar ons gesels oor vrae wat jongmense het, moeilike tekste in die Bybel en saam deel in mekaar se lewens. Alle matrieks en jongmense is baie welkom om deel van hierdie gesprekke te wees.
Contact this business directly from its profile.