Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Primêre Skool Universitas - Tjokkies - Primary School Primêre Skool Universitas - Tjokkies is geleë in Universitas , Bloemfontein en is ‘n unieke skool waar verdraagsaamheid, begrip en respek vir mekaar ‘n integrale deel van ons opvoedingsproses is. Deeglik bewus van ons tekortkominge strewe ons na die ideale omgewing waar elke kind aanvaar word en sy talente ontdek en maksimaal ontwikkel word. Gegrond op Christelike beginsels skep ons geleenthede en tradisies waar die kinders hulself gelukkig kan uitleef en ‘n trots vir hulle skool ontwikkel. Saam met ons ouers vorm ons die brugbouers van ‘n wonderlike toekoms vir ons kinders. Visie: Tjokkies rus die leerlinge op ‘n kaalvoetmanier toe om die skoene van die toekoms gemaklik vol te staan. Kultuur: Hier by Tjokkies stap ons saam met Jesus en kan ons noot-vir-noot ons passie op kultuurgebied uitleef. Hier kweek ons ‘n liefde vir die natuur en die kunste! Sport: Tjokkies wil algehele deelname aanmoedig en positiewe optrede handhaaf. Daar word gestreef na lojaliteit en samewerking sodat elke deelnemer die leuse van die skool, “NET MY BESTE” , kan uitleef. Tjokkies se sukses lê nie net daarin om te doen waarvan jy hou nie, maar eerder om te hou van wat jy doen. Tjokkies se leuse " Net my beste "
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
Contact this business directly from its profile.