Jamii uses necessary cookies and privacy-preserving aggregate measurement to run the site. Your choices control Google Analytics cookies, richer analytics, and optional Google embeds such as maps.


Cnr Paul Smit Street & Gelofte Avenue, Boksburg North, Boksburg, Gauteng, 1459, South Africa
Hours available
Use the fastest route to connect, then keep the full contact details handy below.
Use the map for context, then jump straight into your preferred maps app when you are ready to go.
Google Maps embeds load after you allow functional cookies and embedded services.
VEK Kruisgenerasie Boksburg Noord - Die Volle Evangelie Kerk van God Kruisgenerasie is 'n Volle Evangelie Kerk gemeente in Boksburg Noord waar ons fokus op ons verhouding met God asook met mekaar. Om soos `n familie te word en mekaar te ondersteun in ons daaglikse lewe as kinders van God, is vir ons baie belangrik. Die naam " KRUISGENERASIE " gee uitdrukking aan ons begeerte om by die kruis van Jesus elke dag, by elke plek en in elke verhouding stil te kom staan. Ons wil graag bekend staan as 'n Kruis Generasie, want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Ons as gemeente besef dat Gemeenskap die area is waarby ons juis moet betrokke wees. Ons vra onsself konstant die vraag: " Sou ons Gemeente morê moet verdwyn sal die Gemeenskap dit agterkom en voel daar is `n verlies? " As ons nee sou antwoord, mis ons ons roeping en moet ons herbesin waarmee ons besig is. Ons bedien die gemeenskap op verskeie maniere deur betrokke te wees in areas van die gemeenskap waar ons voel ons kan `n bydra lewer soos: - Maatskaplike diens aan behoeftiges - Verder bedien ons by skole en ander gemeenskapsinstansies - Sou jy`n behoefte raaksien in die gemeenskap waar ons 'hande en voete' van Jesus kan wees kan jy ons gerus kontak.
Contact this business directly from its profile.