Familia Dei Netwerk main banner image

Familia Dei Netwerk

Glen Marais, Kempton Park, Gauteng

Church Network

32 Fiskaal Street
Glen Marais
Kempton Park
City of Ekurhuleni
Gauteng
1619
Contact Number
011 972 5620
Contact Number
083 307 0966
Email
[email protected]
Website
https://www.familiadei.co.za/

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Familia Dei Netwerk

Familia Dei Netwerk het sy wortels in die A.G.S. (Apostoliese Geloofsending) en wil graag ‘n Netwerk van lokale gemeentes fasiliteer waar leiers hulleself in ‘n familie sal bevind. Hierdie familie wil vir jou alles bied wat ‘n gesonde familie ‘n kind kan bied:
- Ruimte waarin jy kan groei
- Jou volle potensiaal ontsluit
- Toerus om sinvol te kan lewe
- Jou in liefde tug as jy foute maak
- Jou altyd veilig laat voel
- Jou met raad bedien

Missie:
Geestelike vaderskap aan leiers te bied. Leiers te bemagtig. Hulpbronne aan gemeentes en pastore beskikbaar te stel. Opleiding rondom bedieninge, leierskap en bestuur te gee en te fasiliteer. Nasionaal en internasionaal gemeentes te netwerk. Blootstelling aan en samewerking met streke en ander bestaande netwerke te bevorder. Leierskaps-, geestelike- en sosiale skakeling vir pastore (met gesinne), leierskap en gemeentes. Die daarstel van ‘n prototipe as model om die Koninkryk van die Here en die breë kerk tot diens te wees. Tegnologie en elektronika te gebruik, te promoveer en ontwikkel tot effektiewe toerusting van pastore en gemeentes. Te werk aan ‘n betekenisvolle nalatenskap met die besef dat die grootheid van ‘n persoon, aksie of instelling gemeet word aan die groei wat dit bewerkstellig. Familiegevoel in die Netwerk te fasiliteer sodat gemeentes onderling mekaar sal versterk en versorg. Gemeentes de daag om ‘n gemeenskapsimpak te hê. Meetbare instrumente daar te stel vir die bepaling van ‘n gemeente se impak.

Visie:
Om ‘n Netwerk van gemeentes te vestig wat deur Apostoliese Vaderskap toegerus en bemagtig word. Om ‘n netwerk van lokale gemeentes internasionaal te vestig wat deur Apostoliese Vaderskap toegerus en bemagtig word om die Groot Opdrag effektief uit te voer.

Read More...

Office Hours:
Monday to Friday: 08:00 - 16:00
Saturday: Closed
Sunday: Closed

Visits: 716